Welkom By Kollig!​

Kollig is ‘n splinternuwe nasionale sangkompetisie waar jy jou deel in R100 000 se pryse kan wen! Hierdie pryse sluit opnames van liedjies, musiekvideo’s en meer in! Om alles te kroon verskyn die wenners ook op nasionale televisie! Skryf nou in deur slegs ‘n video op te neem van jouself met enige styl liedjie. Daar is 3 kategoriee: Juniors (7 – 13 Jaar), Seniors (14 – 18 Jaar) en Naskool (19 jaar en ouer!). Whatsapp nou jou naam en van na 0748868719 en ons kontak jou! Inskrywings sluit 9 April 2021!

Die top finaliste word voor 20 April bekend gemaak!

Hoekom moet ek deelneem?

Kollig is ‘n eerste in sy soort en gee sangers die geleentheid om in die gerief van hul sitkamers video’s op te neem en in die proses naam te maak in die vermaaklikheidsindustrie. Ondervinding is nie nodig nie. Dit is vir ons ‘n voorreg om nuwe talent te ontdek, daarom is rou talent ook hoog op ons prioriteitslys.

 Die sluitingsdatum vir inskrywings is op 9 April 2021 om middernag. Die top finaliste sal aangekondig word voor 20 April. Alhoewel die top finaliste deur ‘n paneel van beoordelaars bepaal word, stem Suid-Afrika daarna vir die nasionale kampioene.

Hoe werk die pryse?

Daar is 3 wenners, naamlik Junior (7 – 13 Jaar), Senior (14 – 18 Jaar) en Naskool (19 Jaar en ouer)

Elke wenner ontvang die opname van ‘n lied en ‘n professionele musiekvideo (asook fotosessie) wat op nasionale televisie uitgesaai word. Hierdie musiekvideo’s sal ook op Sosiale Media gelaai word, dit beteken op verskeie Facebookblaaie met ‘n totale volgeling van 100 000 mense.